Elbroes

Moenie verwar word met Elboers nie.
Elbroes
Die twee pieke van Elbroes. Die twee pieke van Elbroes.
Ligging Rusland
Hoogte 5 642[1] meter bo seevlak
Reeks Kaukasus
Koördinate 43°21′9″N 42°26′16″O / 43.35250°N 42.43778°O / 43.35250; 42.43778
Bergtipe Rustende stratovulkaan
Laaste uitbarsting 50 ± 50 jaar
Eerste bestyging 1874
Eerste bestyger(s) Frederick Gardiner, Florence Crauford Grove, Horace Walker, Peter Knubel
Maklikste roete Hoë toer van Prijut 11
Ligging van Elbroes op 'n kaart (Kabardino-Balkarië)
Elbroes
Elbroes
Elbroes se ligging in Kabardino-Balkarië, noord van Georgië

Elbroes (Russies: Эльбрус; Karatsjai-Balkaries: Минги тау, Mingi Taw) is die hoogste en prominentste berg in Rusland en Europa. Dit is in die westelike deel van die Kaukasus geleë en is dié gebergte se hoogste piek. Die rustende vulkaan styg 5 642 m bo die seevlak uit. Dit is die hoogste stratovulkaan in Eurasië en die 10de hoogste kruin ter wêreld.[2]

Elbroes word soms as die hoogste berg in Europa beskou en is dus een van die Vulkaniese Sewe Kruine. Volgens die algemene definisie van die grens tussen Europa en Asië is Mont Blanc in die Alpe met 4 810 m die hoogste berg in Europa.

Die berg lê in Suid-Rusland, in die Russiese republiek Kabardino-Balkarië, aan die grens met Georgië. Dit het twee kruine, wat albei rustende vulkaankoepels is. Die hoogste een van die twee, die westelike kruin, is 5 642 m hoog,[3] terwyl die oostelike kruin 5 621 m hoog is.

'n Nasa-satellietbeeld van Elbroes.
  1. (en) "Elbrus, Russia". Peakbagger.com. Besoek op 13 April 2019.
  2. "CIA World Factbook – Russia, Geography". US CIA. US Central Intelligence Agency. Besoek op 22 Februarie 2016.
  3. Mt. Elbrus: Image of the Day. Earthobservatory.nasa.gov. Besoek op 15 Mei 2014.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search